On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Senior munisipale beampte steek glo sy vrou se lyk aan die brand

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:55 Mon, 30 Nov 2015

Senior munisipale beampte steek glo sy vrou se lyk aan die brand | News Article

Winburg - ‘n Senior beampte van die Tikologo-munisipaliteit op Boshof in die Vrystaat sal na verwagting Woensdag in die landdroshof op Winburg verskyn in verband met die moord op sy vrou.


Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê die 33-jarige munisipale beampte wat in Langenhovenpark in Bloemfontein bly, is gister op Winburg in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik sy vrou se lyk by die plaaslike stortingsterrein aan die brand gesteek het.

Gaobepe sê die verdagte het na bewering sy vrou Vrydag in Bloemfontein vermoor en met haar lyk in sy kattebak na sy ouers se huis op Winburg gery. Volgens hom het die verdagte die lyk tot Sondag in sy kattebak weggesteek waarna hy dit in ‘n ander motor na die stortingsterrein vervoer het.

Gaobepe sê mense by die stortingsterrein het op ‘n afstand gesien hoe die verdagte iets van ‘n blou bakkie aflaai en dit aan die brand steek en wegry. By nadere ondersoek het die ooggetuies gesien dit is ‘n lyk. Die polisie is ontbied.

Gaobepe sê die man is later by ‘n huis waar hy geskuil het, in hegtenis geneem. Hy sê forensiese toetse sal bepaal of dit die lyk van die verdagte se 26-jarige vrou is.  

OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.