Local News
Minderjarige Dewetsdorp-moordverdagte vandag weer in hof─── DANE BEISHEIM 07:40 Wed, 09 Dec 2015

Dewetsdorp - Die leerder van die Jimmie Roos-jeugsorgsentrum op Dewetsdorp, wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ‘n koshuismatrone by die skool, sal na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die hof het vroeër beslis dat die 15-jarige seun sielkundige evaluering moet ondergaan.
Die seun het na bewering Carima Barnard, wat ook ‘n lodge by die skool bestuur het, in November vermoor. Barnard se lyk is by haar bakkie op die skoolterrein gevind. Sy het aan hoofbeserings beswyk.
OFM-nuus