On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Christiana: Ma van poging tot moord aangekla

───   06:38 Mon, 28 Dec 2015

Christiana: Ma van poging tot moord aangekla | News Article

Christiana - 'n Een-en-twintigjarige ma verskyn na verwagting vandag op Christiana in die landdroshof nadat sy in hegtenis geneem is nadat sy haar pasgebore baba in 'n veld weggegooi het.


Sy het die plek waar sy die seuntjie, wat net 'n doek aangehad het, aan die polisie uitgewys. Hy het nog geleef.

Noordwespolisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê die vrou se ouma het die polisie in kennis gestel dat haar twee dae oue agterkleinseun weg is. Hy is Dinsdag in die hospitaal gebore en Donderdagmiddag saam met sy ma ontslaan. Teen 10 uur die aand het sy oumagrootjie die polisie van die verdwyning laat weet.

Die ma is ondervra, waarna sy die polisie na haar baba, wat verlate in struike gelê het, geneem het. Die baba is as voorsorgmaatreël hospitaal toe geneem.

Die ma word aangekla van poging tot moord en kinderverwaarlosing.

ANA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.