On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Ma volgende jaar in hof na sy kind in veld los

───   06:38 Tue, 29 Dec 2015

Ma volgende jaar in hof na sy kind in veld los | News Article

Christiana - 'n Een-en-twintigjarige ma wat gister op Christiana in die landdroshof verskyn het nadat sy in hegtenis geneem is omdat sy glo haar pasgebore baba in 'n veld weggegooi het, se saak hervat volgende jaar.


Volgens Noordwes polisiewoordvoerder Pelonomi Makau sal die vrou, wat tereg staan op aanklagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing, in aanhouding bly tot 6 Januarie.

Die seuntjie is verlede Dinsdag in die hospitaal gebore en Donderdagmiddag saam met sy ma ontslaan. Teen 10 uur die aand het sy oumagrootjie die polisie van die verdwyning laat weet. Die ma is ondervra, waarna sy die polisie na haar baba, wat verlate in struike gelê het, geneem het.

Die baba is as voorsorgmaatreël hospitaal toe geneem, waar hy steeds opgeneem is. Hy het geen sigbare beserings nie.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.