On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Ma vandag weer in hof nadat sy kind in veld los

───   07:47 Wed, 06 Jan 2016

Ma vandag weer in hof nadat sy kind in veld los | News Article

Christiana - 'n Een-en-twintigjarige ma verskyn na verwagting vandag weer op Christiana in die landdroshof nadat sy glo haar pasgebore baba in 'n veld weggegooi het.


Die vrou, wat tereg staan op aanklagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing, bly in aanhouding.

Volgens Noordwes-polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, het sy die plek waar sy die seuntjie gelos het aan die polisie uitgewys.

Makau sê die seuntjie is op 22 Desember in die hospitaal gebore en twee dae later saam met sy ma ontslaan. Sy het egter nie met die kind huis toe gekeer nie. Teen 22:00 die aand het sy oumagrootjie die polisie van die verdwyning laat weet.

Die ma is ondervra, waarna sy die polisie na haar baba, wat verlate in struike gelê het, geneem het. Die baba is as voorsorgmaatreël hospitaal toe geneem. Hy het geen sigbare beserings nie.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.