On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Skooldogter van Klerksdorp steeds vermis

───   DANE BEISHEIM 14:50 Wed, 27 Jan 2016

Skooldogter van Klerksdorp steeds vermis | News Article

Klerksdorp: 'n Negejarige skooldogter van Klerksdorp in Noordwes word steeds vermis.

Samantha Slabbert is vermoedelik Vrydag by Laerskool Unie ontvoer. Sy het donkerbruin hare en is laas gesien in haar skool se sportdrag.

Sy is 1.4m lank, weeg 28kg en het groen oë. Samantha is tans in die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Rethabile Child & Youth Care Centre se sorg, en mag geen kontak met haar ma of gesin hê nie.

Volgens die SAVF se Michelle Peach, is Samantha vermoedelik saam met haar ma, Joey Slabbert, vir wie daar twee lasbriewe vir arrestasie uitgereik is.

Die lasbriewe is volgens Peach vir ander oortredinge wat nie direk verband hou met Samantha se versorging nie. Daar word vermoed dat Samantha in die Coligny/Christiana/Klerksdorp/Hartbeesfontein area is.

Enige persoon met inligting oor waar Samantha haarself bevind, kan vir W/O Disipi van die Kinderbeskermingseenheid by 018 464 5385/082 568 6909 skakel.

Image title




























Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.