On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Brandfort-plaasaanvallers weer in die hof

───   MARK STEENBOK 06:32 Wed, 21 Sep 2016

Brandfort-plaasaanvallers weer in die hof | News Article

Brandfort - Die drie mans wat aangekla word van poging tot moord op Charl Gutter in Brandfort verlede maand, sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn.

Teboho Francis, Tefo Tlhabo en Tsietsi Rampa is by hul vorige hofverskyning borgtog geweier. 

Die mans staar aanklagte van poging tot moord en poging tot roof in die gesig. 

Die aanval het die 29ste Augustus plaasgevind, toe Gutter na bewering deur vier mans op sy plaas genader en aangeval is. 

Skote is afgevuur en Gutter het een van die aanvallers in die rug gewond. Die gewonde aanvaller, Saniboy Segalo, is onderweg na die hospitaal dood.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.