On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Naam van Noord-Kaapse man wat verdrink het, nog nie bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:56 Mon, 14 Nov 2016

Naam van Noord-Kaapse man wat verdrink het, nog nie bekend | News Article
File photo

Kimberley - Die naam van 'n 35-jarige man wat die naweek in 'n swembad by 'n oord in Kimberley verdrink het, sal bekend gemaak word sodra sy familie van sy dood ingelig is.


Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Dimakatso Mooi, sê die oorledene was saam met kollegas op 'n jaareindgeselligheid toe hy Saterdag omstreeks 16:30 gaan swem het. Sy sê 'n kollega was bekommerd toe hy nie meer sy kollega van Jan Kempdorp in die water gesien het nie. By nadere ondersoek het die man op sy kollega in die water afgekom.

Mooi vra mense om veral in die naderende feestyd en die warm somersdae deeglike voorsorg te tref wanneer hulle gaan swem. Sy sê mense moet nie in die water gaan wanneer hulle onder die invloed van drank is nie. Kinders moet ook nie sonder toesig swem nie. Mense moenie in die water gaan as hulle nie kan swem nie.

Mooi sê 'n geregtelike doodsondersoek is begin.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.