Local News
NW LUR vir Onderwys se huis afgebrand tydens betogings─── MARK STEENBOK 08:49 Mon, 30 Jan 2017

Makapanstad - Die Noordwes LUR vir Onderwys, Sello Lehari en sy gesin is ongedeërd nadat sy huis die afgelope naweek vermoedelik deur ontstoke gemeenskapslede afgebrand is.
Onderwys-woordvoerder, Freddy Sepeng sê die voorval het Saterdag by die Moeka Village naby Makapanstad plaasgevind. Hy sê gemeenskapslede het verlede week begin betoog oor swak dienslewering. Hulle is glo omgekrap oor die watertoevoerprobleme in die gebied. Ander huise en motors is ook beskadig.
Lehari was voorheen ‘n wyksraadslid en burgemeester in die gebied. Sepeng sê die plaaslike regering veroordeel die voorval. Hy sê Lehari en sy gesin is ongedeërd.
Die ANC se leierskap in Noordwes sal na verwagting vanoggend met party-amptenare in die Moretele-munisipaliteit in Makapanstad oor die voorval vergader.
OFM-nuus