On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

D.I.Y. Superstore vier 30 jaar in besigheid

───   08:10 Fri, 01 Jun 2018

Sponsored08:10 Fri, 01 Jun 2018
D.I.Y. Superstore vier 30 jaar in besigheid | News Article

DIY SUPERSTORE was die eerste besigheid wat die Doen – dit – Self – konsep in die Vrystaat ontgin het om alle boumateriaal op een perseel beskikbaar te stel vir selfdoenprojekte.

Tans is dit die grootste besigheid in privaatbesit in die land wat hierdie konsep ondersteun en aanmoedig.

DIY SUPERSTORE is ‘n familiebesigheid met 30 jaar ondervinding. Die Direkteure deel die passie vir kwaliteit produkte wat voortgesit word deur verkoopspersoneel om te alle tye kundige diens met toewyding te lewer.

Marius Eksteen(Snr) het DIY in 1988 as ‘n eenmansaak in Bloemfontein begin. Tans sit sy twee seuns Jan en Marius (Jnr) die tradisie voort ook wat betref hulle omgee en betrokkenheid by verskeie gemeenskapsprojekte. Die huidige geboue word sedert September 2013 gebruik met talle uitbreidings die afgelope 5 jaar, wat tans as die grootste verskaffer van benodigdhede vir die bou- en selfdoen-projekte erken word. Vir die gerief van ons kliënte vorm DIY FUEL deel van ons eenstopdiens.

DIY SUPERSTORE verskaf alle staal, plaat (plaatrolmasjien vervaardig gegalvaniseerde of chromadek dakplate, IBR of gegolf  volgens spesifikasie), hout, verf, sand, klip, hardeware, loodgietersmateriaal, sement, stene, omheiningsmateriaal, pallisade (met eie duiwelsvurkfabriek), boumateriaal en besproeiing vir alle bou- en selfdoen- projekte.

DIY SUPERSTORE huisves en verskaf ‘n uitgebreide verskeidenheid hout en houtprodukte met bykomstighede. Hout word deur gevorderde snymasjiene gesny en professioneel afgerond volgens elke kliënt se behoeftes. So kan ‘n kliënt alle kabinethout laat sny gereed vir installering en met ‘n uitstaande afgewerkte eindproduk trots wees op sy handewerk .

Die  wye verskeidenheid omheiningsmateriaal wat aangebied word sal in alle benodigdhede vir wild-, boerdery-, bou- en of  residensiële doeleindes kan voorsien.

Boumateriaal is in groot hoeveelhede beskikbaar met aflewering  deur ons vloot voertuie van alle boumateriaal wat landswyd gedoen kan word.

Persone wat verkies om self-doen-projekte aan te pak kan gerus DIY SUPERSTORE te MONUMENTWEG besoek vir alle materiaal en inligting wat benodig word. Kundige toegewyde personeel is altyd beskikbaar met advies gegrond op jare se ondervinding.

Elkeen kan verseker wees van uitstekende kwaliteit produkte en diens. So kom na die tuiste  van  DIY ‘WAAR KWALITEIT NOU ‘N NAAM HET’.

DIY SUPERSTORE “ONE CALL AND YOU GET IT ALL”


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.