On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Local News

Jong man breek nek in ongeluk

───   20:30 Tue, 10 Jul 2018

Jong man breek nek in ongeluk | News Article
Corneil Bester het sy nek gebreek tydens die ongeluk. FOTO: Verskaf

'n Man (27) is Saterdagaand baie ernstig in Potchefstroom beseer toe 'n bakkie van agter in sy motor vasgejaag en die bestuurder van die bakkie daarna weggejaag het.


Corneil Bester se nek is gebreek, hy het skedelfrakture opgedoen en het bloeding op die brein. Sy ouers het beplan om hom Dinsdag na 'n neurochirurg in Krugersdorp te neem.

Volgens Bester se pa, Cor, het die voorval Saterdagaand omstreeks 22:30 plaasgevind. Bester het pas oor die treinbrug in MC Roode-rylaan gery toe hy skielik 'n voertuig se ligte kort agter hom gewaar.  Die volgende oomblik was daar 'n geweldige slag en hy het beheer oor sy voertuig verloor.

Sy voertuig is van die pad af, die voorwiele is afgeruk, 'n kragpaal is omgery, hy is deur drade van 'n kleinhoewe en het uiteindelik teen 'n boom gebots.

Dit is hoe Corneel se motor gelyk het na die ongeluk. Foto: Verskaf

Dit is hoe Corneil Bester, voorheen deel van OFM Street Squad,  se motor gelyk het na die ongeluk. FOTO: Verskaf


Daar was gelukkig gou mense byderhand wat die nooddienste kon ontbied. Hy moes uit die motor gesny word.

Corneil was op pad huis toe en die ongeluk het slegs 400 meter vanaf sy ouerhuis plaasgevind.

Sy pa se dis 'n wonderwerk dat hy lewendig uit die erg beskadigde motor geklim het. Volgens hom moes dit 'n geweldige harde stamp van agter wees om die motor so te beskadig.

Cor sê die bakkie wat betrokke was, is sover hulle weet ? wit Toyota Hilux.  Enigiemand wat dalk meer inligting oor die bakkie of die ongeluk het, word versoek om Bester te skakel by 082-348-3737.


Potchefstroom Herald



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.