Local News
Minstens 5 sterf in SA-Roadlink busongeluk─── 08:35 Wed, 16 May 2012

Springfontein - Minstens vyf mense is dood nadat 'n SA Roadlink-bus vanoggend vroeg naby Springfontein in die Suid-Vrystaat omgeslaan het. 'n Verkeerswoordvoerder, Zolile Walaza sê minstens twee mense is steeds in die wraak vasgekeer. Walaza sê die bus was van Kaapstad na Bloemfontein op pad toe die ongeluk gebeur het. Volgens 'n polisiewoordvoerder, Harry Nagel beweer die busbestuurder hy het probeer om 'n dier in die pad te vermy. Die bus het van die pad afgeloop en omgeslaan.
SAUK