On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

NAMPO Harvest Day 2017

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse

───   05:00 Thu, 02 Dec 2021

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R43,55 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R40,49, en speenkalwers oor 250kg, teen R38,51 per kg verkoop het.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas  beeste R30,00 per kg

B-klas  beeste    R26,15 per kg

C-klas  vet koeie R25,34 per kg

Maer  koeie     Wissel tussen R19,00 en  R23,00 per kg

Slagbulle       R26,00 per kg

Skape

Stoorlammers     R42,00 per kg

Slaglammers    R40,00 per kg

Stoorskape    R31,50 per kg

Vetskape  R30,66 per kg

Bokke

Lammers      R55,11 per kg

Ooie     R39,80 per kg


Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.