On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Inge Lotz se moordraaisel stukkie vir stukkie oopgekrap

───   12:56 Wed, 04 Apr 2012

Inge Lotz se moordraaisel stukkie vir stukkie oopgekrap | News Article

Lani Fouché

Een van Suid-Afrika se topspeurders, Piet Byleveld, sê hy maak vordering in die soektog na Stellenbosch-student Inge Lotz se moordenaar. Lotz, wat in 2005 vermoor is, se pa, Professor Jan Lotz, het Byleveld se hulp ingeroep nadat sewe jaar se polisie-ondersoeke op niks uitgeloop het nie. Byleveld het aan OFM Nuus gesê hy kan in hierdie stadium nie veel oor sy vordering verklap nie, maar sê hy ondersoek elke moontlikheid. Lotz is op 22-jarige ouderdom dood in haar woonstel in Stellenbosch aangetref. Haar kêrel, Fred van der Vyver, is vir haar dood verhoor, maar is in 2007 vrygespreek. Professor Lotz het vroeër gesê hy hoop dat hy en sy familie binnekort sal afsluiting kry. Die Lotz-gesin is oud-Bloemfonteiners.

 


Podcasts

Inge Lotz se moordraaisel stukkie vir stukkie oopgekrap:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.