On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Ek het nog altyd geglo die polisie het nie die waarheid doelbewus ondermyn nie: Lotz

───   LANI FOUCHÉ 15:10 Thu, 31 Jan 2013

Ek het nog altyd geglo die polisie het nie die waarheid doelbewus ondermyn nie: Lotz | News Article
Lani Fouché

Die vermoorde Stellenbosch-student, Inge Lotz, se pa, glo die teorieë van twee onafhanklike ondersoekers oor sy dogter se raaiselagtige moord, is korrek.

Prof Jan Lotz, wat werksaam is by die Universiteit van Stellenbosch, se kommentaar volg op 'n insetsel op Carte Blanche Sondag waarin Thomas en Calvin Mollett gesê het hul onafhanklike ondersoeke toon dat daar nie met bewyse op Lotz se moordtoneel in 2005 gepeuter is, soos vroeër deur 'n hof bevind is nie.

Lotz is op 22-jarige ouderdom in haar woonstel op Stellenbosch vermoor. Haar vriend, Fred van der Vyver, is vir haar moord verhoor, maar is in 2007 vrygespreek - deels omdat daar met die bewyse gepeuter is. Die Mollett-broers se ondersoeke impliseer egter dat indien daar gevind word dat daar nie met die bewyse gepeuter is nie, kan Van der Vyver weer weens haar moord verhoor word.

Prof Lotz het aan OFM Nuus gesê hy het nog nooit getwyfel dat daar ooit enige doelbewuste ondermying van die waarheid deur die polisie was nie. Hy meen die Mollett-broers se navorsing is wetenskaplik en geloofwaardig: "Dit is wetenskaplike navorsing. Volgens die filosoof Karl Popper is daar ‘n wetenskaplike metode dat die betrokke navorsing beskikbaar gemaak word aan enige ander navorser of wetenskaplike om of die bevindings te bevestig of die teendeel te bewys. As die teendeel nie bewys kan word nie, is die navorsing suiwer, korrek en die waarheid. Laat ons kyk of hierdie navorsing die toets kan deurstaan. Ek is bereid om ‘n voorspelling te waag dat niemand in staat gaan wees om die teendeel te bewys nie."

Intussen sê baasspeurder, Piet Byleveld, sy ondersoeke na Lotz se moord het onlangs interessante feite ontbloot. Hy is verlede jaar deur Prof Lotz gevra om sy dogter se moord te ondersoek. Die Lotz-gesin wil graag sluiting oor hierdie onopgeloste hoofstuk in hul lewe hê.





Podcasts

Piet Byleveld:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.