National
Joost-boek vandag op die rakke─── 06:42 Tue, 08 Oct 2013

Johannesburg - Die omstrede boek oor Joost van der Westhuizen wat glo “alles vertel” oor sy huwelik met Amor Vittone gaan van vandag af op alle goeie boekwinkels se rakke beskikbaar wees.
Van der Westhuizen kon nie verlede week daarin slaag om 'n dringende hofinterdik te bekom om die boek, Joost en Amor -agter die skerms, te verbied nie.
Die outeur van die boek is Gavin Prins, 'n vermaaklikheidsjoernalis en die adjunkredakteur van die tydskrif, Heat. Voor Prins by Heat begin werk het, was hy 'n joernalis vir Rapport. Hy was ook een van die drie skindertonge op kykNET se Tongelos wat voorheen uitgesaai is.
Die uitgewers is Random House Struik. Die boek is beskikbaar teen R220.
Van der Westhuizen se woordvoerder het Maandag in 'n persverklaring gesê Van der Westhuizen en Vittone gaan nie finansieel baat by die verkope van die boek nie.
Maroela Media