National
Radovan Krejcir se werknemer verskyn weens bedrog─── 10:40 Mon, 18 Nov 2013

Johannesburg - 'n Bestuurder van die Tjeggiese sakeman Radovan Krejcir se Money Point onderneming in Bedfordview en 'n bankamptenaar verskyn vandag in die handelsmisdaadhof in Johannesburg.
Die twee is verlede week in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die Valke, Paul Ramaloko sê die bankamptenaar het 'n ongemagtigde oordrag van R10 miljoen uit die rekening van die G4S veiligheidsmaatskappy gedoen.
Die geld is na bewering na 'n prokureur se rekening oorgeplaas waarna dit na die Money Point bestuurder se rekening oorgeplaas is.
Ramaloko sê die transaksie is vermoedelik deel van sindikaat-bedrywighede.
Verlede week is twee mense dood toe 'n bom by Krecjir se onderneming ontplof het. Die aanklagte teen die bestuurder en die bankamptenaar hou nie verband met die ontploffing nie.
Verslag van Sapa