On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

National

Hengelaar deur haai gebyt wat hy in kompetisie vang

───   16:46 Sat, 12 Apr 2014

Hengelaar deur haai gebyt wat hy in kompetisie vang | News Article
'n Hengelaar is in 'n hospitaal in die Oos-Kaap opgeneem nadat hy vanoggend deur 'n haai by Port Alfred gebyt is.
Woordvoerder vir die nasionale seereddingsinstitut, Juan Pretorius, sê 42-jarige Lionel McDougall van Port Elizabet is vroegoggend deur 'n spikkel-skeurtandhaai, wat hy by die Rufane-rivier gevang het, op sy linker knie, enkel en hand gebyt.
 
Mede-hengelaars het op die toneel na sy wonde omgesien voordat hy na 'n plaaslike hosptiaal geneem is. Pretorius sê McDougall het aan 'n hengelkompetisie deelgeneem toe hy gebyt is.
 
Die haai is meer as twee meter lank. 'n Haai-tand wat in McDougall se knie vasgesit het, moes chirurgies verwyder word.

Sapa, mediaverklaring

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.