On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Duisende-jaar oue geraamte ondergronds by Melkbosstrand gevind

───   08:48 Sun, 13 Apr 2014

Duisende-jaar oue geraamte ondergronds by Melkbosstrand gevind | News Article
Wetenskaplikes en argeoloë krap hul koppe nadat twee menslike geraamtes onder die grond by 'n bouperseel in Melkbosstrand gevind is.
Die eNCA-nuuskanaal berig daar word beraam dat dié menslike oorskot tot soveel as 3 000 jaar oud kan wees.
 
'n Argeoloog van die Universiteit van Kaapstad, Louisa Hutten, en haar span het die afgelope week al hul energie ingesit om nog menslike oorskot onder luukse huis in dié kusdorp te soek - wat tot die vonds van 'n tweede geraamte gelei het.
 
Hutten sê dié opwindende vonds gee hulle nou die geleentheid om meer te leer oor hoe mense duisende jare in die gebied geleef het, wat hulle geëet het en waarvan hul dood is.
 
Hutten het gesê sy gaan aan die Heritage Western Cape-groep aanbeveel dat daar altyd 'n argeoloog op die bouperseel moet wees totdat die projek voltooi is.

eNCA

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.