National
Dinosourus-tand by Knysna gevind─── 05:39 Thu, 09 Feb 2017

Knysna - 'n Seun (13) het Knysna op die land se argeologiese kaart geplaas deur 'n tand van 'n dinosourus te ontdek.
Die seun, Ben Ingel, het twee jaar gelede die tand in 'n klip van klei op 'n Knysna-strand opgetel.
Ingel het egter sy bevinding veilig bewaar, totdat kenners die week bevestig het dat die tand afkomstig is van 'n massiewe vleisvretende dinosourus uit die familie Allosaurus.
OFM-nuus se korrespondent Louise Karsten berig dat 'n navorser in fossiele, dr. Robert Gess van die Albanymuseum op Grahamstad, sê toe Ingel 'n foto van die tand aan hom stuur, het hy onmiddellik geweet dat dit 'n tand van 'n dinosourus is.
Gess sê die tand sal verder geanaliseer word, maar hy skat dat dit sowat 120 miljoen jaar oud is. Hierdie bevinding is die eerste in sy soort op Knysna.
Ingel het intussen ingestem om die dinosourus-tand vir wetenskaplike navorsing te skenk.
Louise Karsten/OFM-nuus