Agriculture
'Ekonomiese werklikhede moet met grondhervorming in ag geneem word'─── 17:05 Thu, 12 Jun 2014

Dirk Kok - Die landbou-ekonoom en voorsitter van Aartappels SA, André Jooste, sê die blote oordrag van landbougrond in die naam van grondhervorming, sonder dat die ekonomiese werklikhede van boerdery in ag geneem word, sal voedselsekerheid bedreig en kan tot onstabiliteit soortgelyk aan die Arabiese Lente-opstande lei.
Jooste het vandag op die Vrystaatse Rooivleisprodusente-organisasie se kongres in Bloemfontein gesê landbougrond kan nie bloot oorgedra en daarna nie meer produktief bestuur word nie. Suid-Afrika sit met soortgelyke probleme as die lande waar die Arabiese Lente weens kospryskrisisse afgespeel het en voedselsekerheid mag nie in Suid-Afrika in die gedrang kom nie.
Jooste het gesê hiermee saam kan grondhervorming nie geïgnoreer word nie en boere gaan self met werkbare oplossings vorendag moet kom.
André Jooste: