On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Boere op grondvlak sal binnekort met ANC in gesprek kan tree

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:22 Fri, 31 Aug 2018

PODCAST: Boere op grondvlak sal binnekort met ANC in gesprek kan tree | News Article
Photo: Supplied

Boere op grondvlak van oor die land heen sal binnekort die geleentheid kry om met senior ANC beamptes in gesprek te tree.


Dit kom nadat Agri SA onlangs 'n amptelike uitnodiging van Luthuli-huis ontvang het vir 'n gesprek met lede van die regerende party se topstruktuur. Agri SA se president, Dan Kriek, het in Augustus op Vrystaat Landbou se jaarlikse kongres buite Bloemfontein aangekondig dié organisasie het 'n uitnodiging direk van die ANC se adjunk sekertaris generaal, Jesse Duarte, ontvang. Die ANC het toé aangedui dat hulle met 'n groot getal boere gesprekke wil voer. Kriek sé dié vergadering vind eerskomende Vrydag plaas.

Kriek sê daar sal op dié vergadering eers na die ANC geluister word waarna boere hul kant sal stel.

Dié vergadering kom nadat 'n Agri SA en Agbiz afvaardiging met adjunkpresident, David Mabuza, en die ANC se tesourier-generaal, Paul Mashatile, in Johannesburg vergader het. Kriek en John Purchase, Agbiz se uitvoerende hoof, het ook met pres. Cyril Ramaphosa in Kaapstad vergader. Grondhervorming en ekonomiese vooruitgang is bespreek.

EN

Intussen word 'n groot landbou-indaba wat in November gaan plaasvind beplan nadat vier van die land se grootste landbouverenigings 'n samewerkings-ooreenkoms geteken het. Die National African Farmers' Union (Nafu SA); die African Farmers' Association of South Africa (Afasa), Agri SA en die Transvaalse landbou-unie (TLU SA), het hande gevat om 'n gesamentlike landbouontwikkelingsplan saam te stel en dan aan die regering voor te lê. Die geskiedkundige ooreenkoms is gesluit onder die vaandel van die Eenheidsforum vir landbou, of Asuf. Nafu SA, se president, Motsepe Matlala, sê die geskiedkundige samewerkingsooreenkoms tussen dié landbouverenigings fokus op die toekoms.

Probleme wat deur dié verenigings getakel gaan word sluit onder meer in, die bestaande grond-hervormings-beleid wat in geheel herontwerp moet word. Nóg kwessies is ondersteuning aan nuwe boere, uitvoer-gedrewe groei vir nuwe boere, meer geleenthede vir vroue en die jeug, en nuwe metodes van grond-waardasies.

EN

Die immergewilde Bloemskou word volgende jaar vir die 137ste keer aangebied. Dit vind van 26 April tot 4 Mei in Bloemfontein plaas. Dié aankondiging kom saam met die verkiesing van Coen van Tonder as die Sentrale Landbougenootskap, wat die dryfkrag agter dié skou is, se nuwe president. Die uitvoerende hoof van dié skou, Elmarie Prinsloo, sê Van Tonder, 'n plaaslike Dexter-boer, neem die leisels oor by Len Davies, wat na sewe jaar as president besluit het om uit te tree. Van Tonder was sedert 2006 die voorsitter van die skou se beeskomitee en sedert 2010 die vise-president vir landbou by dié skou. OFM se verkoopsbestuurder, Alda Fourie, is as vise-president vir handel- en nywerheid aangewys, terwyl John Melville, 'n senior tegniese veldbeampte by Cape Mohair & Wool (CMW), die vise-president vir landbou is.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.