Agriculture
Landbounuus-podcast, 13:30: Eienaars van vermiste skape gesoek─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:07 Tue, 22 Jan 2019
Die Vhembe-gebied in die verre noordelike deel van Limpopo waar diere teen bek-en-klouseer ingeënt word, gaan nou beperk word.
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê dit word gedoen om die bestuur van die virussiekte OP die lange duur te ver-gemaklik, mits dit nie die siekte-beheer-pogings in gevaar stel nie. Dié besluit is geneem deur 'n tegniese taakspan wat aangewys is ná die minister Senzeni Zokwana, en betrokkenes in die bedryf verlede week vergader het oor die uitbreking van die virussiekte. 'n Bestuurskomitee is op dié vergadering aangewys. Die direkteur-generaal van die departement van landbou, Mike Mlengana, en Pieter Vervoort, is aan die stuur van afsonderlike taakspanne wat op die tegniese aspekte, kommunikasie en handel fokus. Die tegniese taakspan het ook ooreengekom om polisie-sigbaarheid in die gebied te vergroot en om veevoer aan die dorpies wat geraak word, te verskaf. Dit om die beweging van diere in weidings-gebiede te beperk.
Daarmee saam sê die Rooivleisprodusente-organisasie, (RPO) 'n tegniese taakspan is nou verantwoordelik om handelskwessies te hanteer nadat Suid-Afrika se bek-en-klouseer vrye status ná die uitbreking van dié virrussiekte in Vhembe in Limpopo, tydelik gestaak is. Die Wêreld Organisasie vir Diere-gesondheid, het die prosedure gevolg en die uitvoer van Suid-Afrikaanse rooi-vleis-produkte na ander lande tydelik gestop. Die RPO se voorsitter, Koos van der Ryst, sê dié taakspan onderhandel nou met onderskeie lande.
Hy sê sover bekend het slegs twee beeste positief vir bek-en-klouseer in die Vhembe-gebied getoets, wat net buite die beheerde gebied in Limpopo is. Van der Ryst meen Suid-Afrika se bek-en-klouseer vrye status kan herwin word, maar daar is vereistes.
Die Noordwes-veediefstal-eenheid doen 'n beroep op boere in die provinsie wat skape vermis- om spoedig met dié eenheid in verbinding te tree. Dit sodat boere die geleentheid kry om vas te stel of van hul diere nie in die skut vir diere in Brits aangehou word nie. Polisiewoordvoerder, Itumeleng Molefe, sê lede van die eenheid het op 11 Januarie nege skape, insluitende 'n lam, by die Ngweding Village, naby Rustenburg, afgekom. Molefe sê die vee is na die polisie se skut vervoer en sedertdien het niemand nog die diere kom identifiseer of kom eis nie. As niemand die skape binne 21 dae sedert dit na die skut geneem is , kom afhaal nie ,sal die diere verkoop word. Gaan na ofm.co.za, kliek op News en Agriculture vir Molefe se kontakbesonderhede.
Bel Molefe by 082-072-4699 of (014) 566-1736 of 1734.
OFM-nuus
