On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Eerste amptelike oesskatting-data vir jaar bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:05 Tue, 29 Jan 2019

Landbounuus-podcast: Eerste amptelike oesskatting-data vir jaar bekend | News Article

Die Nasionale Oesskattingskomitee stel Dinsdag sy skatting vir die voorlopige oppervlakte onder somergewasse en oliesade bekend.


Dit sal die eerste amptelike data wees wa tbekendgestel word sedert die voorneme om te plant verlede jaar op 25 Oktoberaangedui is. 'n Landbou-ekonoom by die Landboubesigheidskamer (Agbiz), WandileSihlobo, voorspel dat die oppervlakte onder mielies 1,98 miljoen hektaar kanwees. Dit is 'n 19%-daling in die vorige skatting van 2,44 miljoen hektaar. Hysê dit is ietwat bo Bloomberg se konsensus van 1,97 miljoen hektaar. Daarmeesaam het die Internasionale Graanraad sy raming vir Suid-Afrika se2018/19-mielieproduksie hersien van 12,3 miljoen ton in November 2018 en 12,9 miljoen ton in die produksieseisoen 2017/18, tot 10,7 miljoen ton.

Die winsgewendheid van graanproduksie en die situasie rondom droogtetoestande in Suid-Afrika, en meer spesifiek Noordwes, kom vandeesweek op 'n Graan SA streeksvergadering in Hartbeesfontein onder die loep. Niel Rossouw, 'n boer in die Kleinharts-gebied en 'n verteenwoordiger vir Graan SA se streek ses, wat Ottosdal en Sannieshof insluit, sê bywoning is belangrik sodat graanboere op hoogte van belangrike kwessies in die landboubedryf gebring kan word. Boere in dié distrik in Noordwes is ook met hul rug teen die muur weens die droogtesituasie. Dié streeksvergadering vind Woendag om 15:00 in die Hartbeesfontein-landbou-uniesaal plaas. Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, woon ook dié vergadering by.

EN

Die Vryheidsfront Plus eis nou dat President Cyril Ramaphosa die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag bekendmaak en dat onteiening sonder vergoeding van die tafel gevee word. Dit kom nadat Rapport berig het dat dié SOE-verslag omvangryke bedrog en korrupsie in die grondhervormingsproses uitlig. Daar is onder meer 58 plase na bewering deur korrupsie en bedrog verkry sonder dat daar enige ware grondeisers of bevoordeeldes was. Volgens die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, is Ramaphosa bewus van die verslag en sy inhoud, en hy is al etlike maande in besit daarvan. Groenewald sê dit is kommerwekkend dat Ramaphosa nietemin steeds voortgaan met die proses van onteiening van eiendom sonder vergoeding.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.