On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Geld vir grondhervorming 'onvoldoende'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:12 Thu, 21 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Geld vir grondhervorming 'onvoldoende' | News Article

Geld wat beskikbaar gestel is vir grondhervormingsprojekte is 'n goeie begin vir die regering, maar geensins voldoende nie.


Dit is volgens Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou, nadat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, in sy begrotingsrede R1,8 miljard aan 262 grondhervormingsprojekte, wat 'n prioriteit is, beskikbaar gestel het. Maree sê dit kom op sowat R6,8 miljoen per projek neer. Mboweni het 'n verdere R7 miljard aan opkomende boere wat grond wil bekom, of kleinskaalboere wat deur die Landbank ondersteun gaan word, beskikbaar gestel. Hy sê die suksesvolle inwerkingstelling van dié projekte is steeds 'n uitdaging. Maree meen kommersiële landbou het nie veel direk uit die begroting ontvang nie, terwyl daar verwagtinge was dat Mboweni droogtehulp aan boere sou uitlig. 

EN

Die feit dat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, in sy begrotingsrede min uitgewei het oor die landboubedryf is nie noodwendig negatief nie. 'n Senior landbou-ekonoom van Absa Agribesigheid, Wessel Lemmer, sê Mboweni het nie in die detail van sy begrotingsrede, soos President Cyril Ramaphosa in sy staatsrede, op landbou gefokus nie. Hy sê in 'n nasionale verkiesingsjaar moes die begrotingsrede só gelewer word om kiesers nie teleur te stel nie, terwyl die nasionale kredietagentskappe ook dop gehou is.


OFM-nuus

  



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.