On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Oppervlakteskatting vir somergewasse wys verbeterde produksiestoestande

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:24 Thu, 28 Feb 2019

Landbounuus-podcast:  Oppervlakteskatting vir somergewasse wys verbeterde produksiestoestande | News Article

Die voorlopige oppervlakte onder mielies is minder as aanplantings verlede seisoen, maar meer as die Nasionale Oesskattingskomitee se voorlopige oppervlakte skatting wat in Januarie vrygestel is.


Marda Scheepers van dié komitee, sê die hersiene skatting vir die oppervlakte onder mielies is meer as 2,3 miljoen hektaar wat sowat 74% minder is as wat die vorige seisoen aangeplant is. Die Nasionale Oesskattingskomitee het Woensdag die hersiene oppervlakte en eerste produksieskatting vir somergewasse vir 2019 vrygestel. Scheepers sê die jongste skatting vir die oppervlakte mielies aangeplant is ook meer hektaar meer as die komitee se voorlopige skatting in Januarie vanjaar. Die tweede produksieskatting vir somergewasse vir 2019 word op 26 Maart vanjaar vrygestel.   

Intussen sê 'n senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, die Nasionale Oesskattingskomitee se oppervlakteskatting vir somergewasse en veral mielies weerspeël verbeterde produksiestoestande in Januarie vanjaar. OFM-nuus se Christal-Lize Muller berig dit het boere aangespoor om voort te gaan met aanplantings, al is dit gedoen met die optimale plantvenster wat reeds byna toe was...

EN

Die impak van maatreëls wat geneem is om die bek-en-klouseer virussiekte in Limpopo te beheer, word nou bepaal met die ondervraging van meer as 400 plaaslike vee-eienaars in 16 landelike dorpe in dié siektebeheerde gebied. Luidens die nuutste verslag, wat deur die Department van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) en die rooivleisbedryf uitgereik is, het plaaslike veeboere goed op die vraelys gereageer. Die voltooide vraelysresultate word nou saamgevat, en sal die tegniese taakspan help om toepaslike oplossings te kry om Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status te herwin. Die volgende fase van dié bewusmakingsveldtog word in die komende week begin.



OFM-nuus

    

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.