Agriculture
Landbounuus-bulletin 13:30 6 Maart 2019─── CHRISTAL-LIZE MULLER 16:58 Wed, 06 Mar 2019
Onsekerheid oor grondhervorming te midde van wisselende weerstoestande was van die uitdagings wat die landboubedryf die afgelope jaar in die gesig gestaar het.
Graan SA (GSA) sê hy was uit die staanspoor betrokke by die proses rondom die wysiging van die Grondwet sodat eiendom sonder vergoeding onteien kon word. Goeie gesprekke in die verband het tussen die regering en die private sektor plaasgevind.
Dit het onder die loep gekom op GSA se jaarkongres by Nampopark naby Bothaville.
GSA se voorsitter, Jaco Minnaar, het uitgelig dat die vestiging van nuwelingboere na 'n volgende vlak geneem moet word.
Daarmee saam word sukses behaal met die organisasie se bestaande ontwikkelingsprojekte, maar 'n groot uitdaging is die feit dat daar baie van die 286 potensiële swart kommersiële boere is, wat deel is van GSA se ontwikkelingsprogram, wat slegs 30% van die grond wat aan hulle beskikbaar is, kan bewerk. Hulle kan die oorblywende 70% van die grond nie bewerk nie, omdat die boere nie finansiering kan kry nie. Hulle het ook nie titelaktes nie.
Daarom gaan GSA as 'n begin R5 miljoen beskikbaar stel wat as kollatoraal vir potensiële swart kommersiële boere kan dien. Dit kan 'n geraamde R40 miljoen in verdere kollatoraal vir produksielenings ontsluit. Dié finansiering is van banke en insetverskaffers.
Volgens die uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, Jannie de Villiers, gaan van die potensiële kommersiele boere, wat deel van GSA se ontwikkelingsprogram is, hieruit kan baat. Hy het gesê daar is baie meer swart boere in Suid-Afrika wat hierdie soort steun benodig.
Voormalige SA-ambassadeur, Malcolm Ferguson, het oor die politieke en ekonomiese omgewing in Suid- en Suider-Afrika gepraat. Hy het verwys na fopnuus wat wyd versprei word en onsekerheid onder die landbougemeenskap veroorsaak veral met betrekking oor die gronddebat.
Hy het gesê Suid-Afrikaners moet aanvaar daar is 'n grondwetlike maandaat in Suid-Afrika vir grondhervorming en hoe die landbougemeenskap daarop gaan reageer, gaan die verskil maak. Volgens Ferguson is daar lig aan die einde van die tonnel rondom die regering se plan met grondhervorming.
Content hosted by iono.fm"> OFM Nuus
