On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Oudminister glo landboukrediedraad nodig

───   11:51 Mon, 27 May 2019

Landbounuus-podcast: Oudminister glo landboukrediedraad nodig | News Article
Roelf Meyer. Image: Daily Maverick

Meer opkomende boere in Suid-Afrika moet in die kommersiële landboubedryf gevestig word, maar dit gaan nie oornag plaasvind nie.


Dit is 'n medium-tot-langertermyn taak. Dit is die mening van oudminister en die direkteur van die In Transformation Initiative, Roelf Meyer, wat glo daar is nou 'n behoefte vir die herinstelling van 'n landboukredietraad wat voorheen in dié bedryf gefunksioneer het, maar later tot niet gegaan het.  Meyer sê befondsing gaan beskikbaar gestel word, terwyl daar gefokus word op die oordrag van kennis om opkomende boere by te staan.

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, het 'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming met die departement van landbou, bosbou en visserye te laat saamsmelt. Saai se direksievoorsitter, Theo de Jager, wat ook herverkies is tot die present van die Wêreldlandbou-organisasie verlede week, sê die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se onvermoë, ideologiese verknogtheid aan sosialistiese modelle, omvangryke korrupsie en nepotisme kan nie 'n bydrae lewer om ’n klas van winsgewende swart boere te skep nie. De Jager, meen met dié herstrukturering kan daar van korrupte en swak presterende staatsamptenare ontslae geraak word.

EN

Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, sal na verwagting Dinsdag in Pretoria die resultate van die algemene huishoudelike opname, van Statistieke Suid-Afrika (SSA) vir 2018 bekendstel. Data uit dié verslag dui onder meer die algemene gevoel oor die land se vordering die afgelope 17 jaar. Prestasies en uitdagings word uiteengesit, terwyl oortredings en verskille van die ontwikkelingsvlak van die land uitgewys word. Dit poog ook om die omvang van dienslewering en die gehalte van dienste in 'n aantal sleutelbedrywe uiteen te sit. Dit sluit onder meer die landboubedryf in.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.