On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Jongboere skenk voer aan Griekwastad boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:45 Wed, 10 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Jongboere skenk voer aan Griekwastad boere | News Article
Foto: OFM-nuus

'n Groep jongboere van die Douglas-distrik in die Noord-Kaap reik uit na boere deur middel van voerskenkings in die Griekwastad-distrik, om aan hulle moed te gee.


Dit is volgens 'n organiseerder van die insiatief, Henry du Toit, wat sowat 40 jongboere in die Douglas-besproeiingsgebied byeengebring het om hulp aan boere in hul buurdistrik te verleen. Du Toit sê die skenkings in die vorm van geld, diesel, trekkers en balers asook die deurlopende aflewering van vragte met bale mieliereste, word gedoen omdat boere in die Douglas-gebied in 'n posisie is om dit te doen. Du Toit sê dié groep jongboere van die Douglas-distrik wil boere in die droogtegeteisterde Griekwastad-gebied op 'n volgehoue basis ondersteun.

Intussen sê 'n boer van die Griekwastad-distrik, Tat Scholtz, die voortslepende droogte het boere in 'n knyptang wat uitgawes betref. Boonop is daar nie weiding vir boere se vee in die distrik wat volgens hom gebuk gaan onder die ergste droogte in dekades. Scholtz sê  dié boere, waarvan talle genoop is om meer as die helfte van hul kuddes uit te dun,  is nou uitgelewer en afhanklik van voerskenkings. Hy sê die groep jongboere van hul buurdistrik, Griekwastad, se inisiatief om op 'n volgehoue basis bale mieliereste te skenk is van groot hulp. Scholtz sê boere van die Griewastad-distrik is baie dankbaar vir dié hulp.

EN

Intussen sê die Vryheidsfront Plus se leier in die Noord-Kaap, Wynand Boshoff, daar moet nou daadwerklik opgetree word deur die provinsiale regering om boere wat swaar trek weens die droogtetoestande in 'n groot deel van die provinsie by te staan.  Boshoff sê die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, se  provinsiale rede in Kimberley verlede Vrydag was omvattend gewees en verskeie aspekte in die provinsie deeglik saamgevat, maar Saul moes meer aandag geskenk het aan droogtehulp wat die plaaslike landboubedryf lamlê. Hy sê daar is steeds onsekerheid rondom die wysiging van die Grondwet wat die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik gaan maak. Saul het nie daarin geslaag om sekerheid te gee daaroor nie en boere benodig beleidsekerheid om in hul plase te belê. Mense moet nou hul totale bestaan op die spel plaas om deur die droogteramp te kom en dan is beleidsekerheid noodsaaklik.





OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.