On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Estina-suiwelprojek het misluk weens beweerde korrupsie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:59 Tue, 23 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Estina-suiwelprojek het misluk weens beweerde korrupsie | News Article
DA-lid Roy Jankielsohn

Die omstrede Estina-suiwelprojek het misluk weens beweerde korrupsie.


Die Zondo-kommissie van ondersoek het gister gehoor dat R100 miljoen bestee is aan dié grondhervormingsprojek, terwyl daar geen begunstigdes was nie. DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, het Dinsdagoggend telefonies vanuit Johannesburg op die Before Dawn-landbouprogram 'n kort opsomming verskaf van sy inleidende getuienis tot dié kommissie van ondersoek. Volgens Jankielsohn het hy in sy getuienis verwys na 'n verslag van die tesourie wat aangedui het daar was groot ongerymdhede met betrekking tot die projek en dat daar opgetree moet word teen die amptenare wat betrokke was. Hy het ook aan die kommissie beklemtoon dat daar opgetree moet word teen betrokkenes op hoë vlak, soos die voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, en die destydse LUR van landbou, Mosebenzi Zwane, omdat hulle die argitekte van die projek was.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, en die leier van die DA in die Noord-Kaap, Andrew Louw, gaan na verwagting Donderdag planne bekend maak om die voortslepende droogte in dié provinsie aan te spreek. Boere in die grootste deel van die provinsie gaan gebuk onder erge droogtetoestande wat al vir die afgelope vyf jaar in talle distrikte voortduur.  Die DA is van mening dat daar nou dringende ingryping nodig is om 'n provinsiale krisis, wat negatiewe nasionale gevolge inhou, te voorkom. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, het vroeër aan OFM-nuus gesê verskeie distrikte in dié provinsie is al as rampgebied verklaar, maar die regering moet nou drasties optree en die hele provinsie as 'n rampgebied verklaar.  

EN

'n Vermeende veedief, wat in hegtenis geneem is toe hy met beweerde gesteelde beeste van 'n opkomende boer in die Frankfort-gebied betrap is, sal na verwagting binnekort aansoek om borgtog doen. Dit kom nadat Themba Dakile Maandag in die landdroshof in Frankfort verskyn het. Dakile is Donderdag deur 'n veewagter aangekeer toe hy in besit van beweerde gesteelde beeste was. Dié beeste het vermoedelik aan die vermoorde Johannes Mangena Mazibuku behoort.  Polisiewoordvoerder, Josephine Rani, sê die polisie het Mazibuku nà die inhegtenisneming probeer bel. Sy selfoon was afgeskakel, waarna die polisie van sy familielede in die hande gekry het. Hulle is na Mazibuku se plaas waar sy lyk in 'n ou huis gekry is. Hy het 'n wrede mesdood gesterf.  




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.