On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou (VL) neem standpunt teen grondwetlike wysigings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:14 Fri, 02 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Vrystaat Landbou (VL) neem standpunt teen grondwetlike wysigings  | News Article

Vrystaat Landbou (VL) gaan nou 'n sterk standpunt teen grondwetlike wysigings inneem.


Dié organisasie se visepresident, Tommie Esterhuyse, sê daar gaan nie onderhandel word oor grondonteiening sonder vergoeding nie. Esterhuyse, wat ook die hoof van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid is, sê daar gaan nou 'n duidelike lyn getrek moet word en dit is tyd dat die regering sy oë oopmaak.
Esterhuyse sê die grondkwessie, en veral die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag, gaan op dié organisasie se jaarkongres eerskomende Woensdag en Donderdag in Bloemfontein bespreek word. Hy sê georganiseerde landbou gaan nie lê nie en verskeie aksies is in die pyplyn. Danie Brand, direkteur van die Sentrum vir Mensregte aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), gaan op die kongres praat oor die prosesse van onteiening indien grondwetlike veranderinge aangebring word. Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), gaan oor die gevolge van grondonteiening sonder vergoeding praat.

Verskeie verwikkelinge in die wolbedryf bring hoop vir die 2019/20-seisoen met die Suid-Afrikaanse wolmark wat oor meer as 'n week weer open. OVK se operasionele bestuurder van vesel, Heindrich Victor, sê die kwarantyn in Lesotho weens die uitbrekeing van miltsieke in Mei in Maseru, is opgehef en boere in dié land het 'n vensterperiode van drie maande om vesel na Suid-Afrika uit te voer. Hy sê nog goeie nuus vir die bedryf is die verbod op die uitvoer van wol van Suid-Afrika na China, wat opgehef is. Suid-Afrikaanse wol kan vandeesmaand weer uitgevoer word na China wat sowat 70% van alle Suid-Afrikaanse wol aankoop. Victor sê daar is egter nog vereistes waaraan Suid-Afrikaanse wol moet voldoen.   Die Suid-Afrikaanse wolmark open weer op 14 Augustus.

EN

Alhoewel landbou ongeveer 1000 werksgeleenthede verloor het vergeleke met laas jaar hierdie tyd, het hierdie sektor nietemin 'n kwartaallikse groei van 5000 nuwe werke getoon. Jahni de Villiers, Agri SA se Hoof van Arbeid en Ontwikkeling, het gereageer op Statistieke SA se onlangse arbeidsopname wat 'n kommerwekkende nuwe werkloosheidsyfers van 29% gerapporteer het. Sy meen die landbousektor bly 'n stabiele bron van werk en kan self 'n volhoubare oplossing vir Suid Afrika se werkloosheidsprobleme wees, mits die regering ondersteuning verskaf.


 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.