On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Forum sê veediefstalstatistiek onakkuraat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:35 Wed, 25 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Forum sê veediefstalstatistiek onakkuraat | News Article

Die polisie se nasionale veediefstalstatistiek skets nie die werklike prentjie rondom die situasie wat veeboere oor die land heen kniehalter nie.


Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, meen die polisie se syfer, wat toon veediefstal het met 2,9% in die 2018/19 boekjaar toegeneem, is nie akkuraat nie. Clack meen daar is eerder 'n toename in veediefstal oor die land heen wat toegeskryf kan word aan die aanmelding van klagte in dié verband by die polisie.

Rooivleisverbruikers het nou 'n gulde geleentheid om lam- en beesvleis aan te koop. Dit is weens die produsenteprys wat afgeneem teenoor die situasie verlede jaar. Koos van der Ryst, voorsitter van die rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê dié prys wat produsente ontvang vir lamvleis is nou op R68,86 per kg vir A-klas vleis. Dit is 15,3% laer teenoor die prys verlede jaar. Hy sê die produsenteprys vir beesvleis is op R45,97 per kilogram vir A-klas vleis sowat 0,5% laer as verlede jaar. Volgens hom is dié daling goeie nuus vir verbruikers, omdat dit in kontras met stygende kosinflasie die afgelope jaar is. Daarmee saam is bees- en lamvleis se prys 30% laer as die wêreldnorm.

EN

Suid-Afrikaanse kosprodukte is in groot aanvraag in Rusland, maar plaaslike ondernemings moet hul bemarkingspogings versterk om 'n groter vastrapplek in dié land te kry. Dit is volgens Mikhail Fatev, hoof van kos en landbou by die Russiese en Suid-Afrikaanse sakeraad, wat die jaarlikse Moskou, wêreld-kos, internasionale uitstalling tans bywoon. Dié uitstalling het Dinsdag begin en duur tot Vrydag. Fatev meen Suid-Afrikaanse maatskappye moet hul voorsprong in Rusland vergroot en hul bemarking uitbrei. Verhoudinge met die regte betrokkenes moet gevestig word. Volgens hom is meer as 'n derde van Rusland se vrugte wat ingevoer word, van Suid-Afrika afkomstig en daar is groot ruimte vir verdere groei. Die Russiese en Suid-Afrikaanse sakekraad is meer as 'n dekade gelede gevorm om handel en beleggingsmoontlihede tussen dié twee lande te vestig.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.