On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Dankbaarheid oor voortgesette produksie in varkbedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:38 Thu, 14 May 2020

Landbounuus-podcast: Dankbaarheid oor voortgesette produksie in varkbedryf  | News Article

Die varkbedryf is onder druk weens lae pryse en 'n afname in die vraag na produkte, maar daar is steeds dankbaarheid dat daar met produksie voortgegaan kan word, ondanks die situasie rondom die Covid-19-pandemie.


Johann Kotzé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, sê dié bedryf, wat as 'n noodsaaklike diens tydens die grendelstaat geklassifiseer word, produseer voort en is in 'n gunstige posisie om 'n bydrae tot kosproduksie in die land te lewer.  

EN

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hy sê die prys van lewende hawe op veilings het dramaties herstel nadat daar 'n  insinking in die prys drie weke gelede was.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.