On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Graan SA verwerp verbod op drankverkope

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:45 Thu, 16 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Graan SA verwerp verbod op drankverkope | News Article

Graan SA (GSA) het die regering se verbod op die verkoop van drank verwerp en meen dié vinnige besluit het direkte gevolge op wintergraangewasse, wat tot so vroeg as verlede jaar nog deur droogtetoestande geraak is.


Dirk Strydom van GSA, sê moutgars is ‘n belangrike gewas in die wintergraanproduksiegebied, wat beperkte keuses het, rakende gewasse. Hy meen dié seisoen was daar goeie moutgars-aanplantings gewees. Gunstige weerstoestande het ook bygedra tot 'n goeie produksietoestande.


EN


Daar is talle uitdagings wat boere nou in die gesig staar, maar daar is egter 'n ligpunt in terme van die stygende prys van vee op veilings. Dit is volgens Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, wat weekliks veilingspryse vir diere wat op veilings behaal is aan OFM-nuus beskikbaar stel. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers onder 200kg het vandeesweek teen R35,45 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R33,65 en speenkalwers oor 250kg teen R30,88 per kg verkoop. Derksen sê boklammers het vir R55,03 per kg en bokooie R35,15 per kg gegaan.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.