On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Registreer vir optog teen plaasmoorde - TLU SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:07 Wed, 05 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Registreer vir optog teen plaasmoorde - TLU SA | News Article

Meer as 3000 mense het reeds vir TLU SA se virtuele optog teen plaasmoorde geregistreer, maar nog meer mense word aangemoedig om daaraan deel te neem.


Henry Geldenhuys, adjunk-president van dié organisasie, sê daar is nog tyd om daarvoor te registreer. Dié inisiatief wat volgende Vrydag aanlyn plaasvind, het ten doel om druk op die regering te plaas om nou daadwerklik op te tree teen dié misdrywe. Daar gaan ook tydens dié virtuele staptog 'n geleentheid wees vir mense om te reageer en kommentaar te lewer oor dié tragiese kwessie in die land. Buitelanders se deelname word ook aangemoedig. Geldenhuys sê dié organisasie besef dat 'n veldtog of protesoptog van dié aard nie misdaad in Suid-Afrika kan stop nie, maar dit is belangrik om bewusmaking daarvan te kweek. Hy sê dié virtuele protesoptog teen aanvalle op plase en kleinhoewes is 'n ideale platform vir alle Suid-Afrikaners om hul stem te laat hoor. Besoek tlu.co.za vir meer inligting en om te registreer.

'n Vername Suid-Afrikanse merino-teler en sy seun bied Donderdag een van die land se voorste produksieveilings aan. Eddie Prinsloo en sy seun Eduard van die Heuningkrans-boerdery in die Smithfield-distrik in die Suid-Vrystaat, se 40ste produksieveiling word fisies op die plaas aangebied met die nodige Covid-19-regulasies wat in plek is. Prinsloo sê daar gaan ook aanlyn aan die veiling deelgeneem kan word. Hy sê Heuningkrans-merinos bied jaarlik twee produksieveilings aan en dié veiling, wat trandisioneel in Augustus plaasvind, fokus op lammers. Hy sê dragtige stoetooie gaan ook aangebied word, asook ou ooi-lammers. Die veiling begin Donderdag om 12:00 met Dormer-ramme en ooie wat aangebied word. Gaan na events.bkb.co.za om te registreer vir dié aanlynveiling.

EN

Die tabakreus, British American Tobacco, Batsa, en nege applikante, wat verskeie betrokkenes in die waardeketting insluit se hofstryd teen die regering se omstrede tabakbeleid het in die Kaapstadse hooggeregshof begin. Alfred Cockrell, wat names Batsa optree teen die regering, het in die hof gesê dié verbod skend die grondwetlike regte van rokers.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.