On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

#LandbouHoop: NK-boere baat ook by Agri SA se voedselinisiatief #AgriNK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 19:58 Thu, 06 Aug 2020

#LandbouHoop: NK-boere baat ook by Agri SA se voedselinisiatief  #AgriNK | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Donderdag praat Shandor Potgieter van die Good Morning Breakfast-program met Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, oor die voortslepende droogte, hulpverlening en weerstoestande in dié provinsie...


Potgieter het met Jansen gepraat oor Agri SA se voedselinisiatief van R1 miljard om gemeenskappe, wat in kosnood verkeer weens die negatiewe impak van die Covid-19-pandemie,  te ondersteun. Hy verwys na die vennootskap wat gevorm is met  Food Forward SA . Jansen sê die goeie nuus is dat droogtegebiede in die Noord-Kaap ook by dié inisiatief baat...


Sien onderstaande PODCAST


Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Boere Droogtehulp SA,  Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.