On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: RPO verwelkom hofuitspraak

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:08 Tue, 25 Aug 2020

Landbounuus-podcast: RPO verwelkom hofuitspraak | News Article

Die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, het die hofuitspraak in die hooggeregshof in Grahamstad (Makhanda), verwelkom.


Dié uitspraak was in guns van die Al Mawashi en die Livestock Transport and Trading Company, (KLTT) wat nou kan voortgaan met die uitvoer van meer as 56 000 skape na die Midde-Ooste per skip. Dit kom nadat die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) dié maatskappye hof toe gesleep het om te verhoed dat dié skape, wat nou in die Castledale-voerkraal in Berlin in die Oos-Kaap aangehou word, op die Al Messilah-skip per see vervoer word. Ná dié hofbeslissing kan die skape egter gelaai word. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, sê die hof het egter sekere vereistes gestel. Hy sê dié hofbeslissing is goeie nuus vir die bedryf, asook die RPO. Die NDBV het nog nie kommentaar op die uitspraak gelewer nie. Dié vereniging voer onder meer aan toestande op die Al Messilah-skip is nie voldoende nie.

Die organisasie vir opkomende rooivleisprodusente, Nerpo, is hoogs ontevrede oor die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se ondoeltreffende koopbewysstelsel. Dié stelsel vorm deel van die departement se Covid-19-landbourampfonds van meer as R1,2 miljard. Aggrey Mahanjana, groepbestuurder van Nerpo, sê drie maande het al verloop sedert koopbewyse aan boere, wat vir dié hulp gekwalifiseer het, uitgereik is. Met dié koopbewyse kan boere insette van verskaffers, wat oor die land heen deur die departement aangewys is, bekom. Mahanjana sê egter boere wat koopbewyse bekom het, kan niks daarmee doen nie. Hy sê Nerpo eis nou dat die minister van landbou, Thoko Didiza, dringend ingryp, want korrupsie en magsmisbruik is 'n werklikheid. Die begunstigdes is hoofsaaklik kleinboere en kommunuale produsente met 'n omset van tussen R20 000 en R1 miljoen per jaar. Die toelaag mag nie meer as R50 000 per boerdery oorskry nie. 

EN

Daarmee saam het die departement van landbou in Julie vanjaar aan OFM-nuus gesê die koopbewysstelsel, wat in plek is om aan boere hulp te verleen as deel van sy Covid-19-rampfonds van meer as R1,2 miljard, word streng gemonitor. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement, het toe gesê die sowat 15 000 boere oor die land heen, wie se aansoeke suksesvol was, kan boerderybenodigdhede met hul koopbewyse vanaf verskeie verskaffers bekom. Volgens hom was daar aanvanklik probleme met die beskikbaarheid van sommige van dié insette, maar verskaffers het tóé weer volkome aanboord gekom. Dié koopbewyse se vervaldatum was aanvanklik aan die einde van Junie, maar landbouminister Thoko Didiza het die geldigheid daarvan tot die einde van Julie verleng. OFM-nuus verneem intussen dié vervaldatum in sekere provinsies is weer verleng na die einde van volgende maand.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.