On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Moontlikheid van nog veldbrande

───   ELSABÉ RICHARD 12:18 Tue, 27 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Moontlikheid van nog veldbrande | News Article

Die faktore wat die moontlikheid van brande in Sentraal Suid-Afrika bepaal, lyk hierdie week nie goed nie.


Dit is volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging. Hy sê alhoewel sekere dele in die streek reën gekry het, kan brande steeds ontstaan weens baie warm toestande. Breytenbach verduidelik dat droë donderstorms oor groot dele van die streek beweeg en sê dat daar reeds verskeie brande, wat deur weerlig veroorsaak is, die afgelope paar dae ontstaan het. Hy voeg by dat daar verwag word dat hierdie toestande sal vererger gedurende die week weens droë weerstoestande wat kan voortduur. Hy waarsku dat dit tans brandseisoen is en dat die sentraal-, wes- en die suidelike gedeeltes van die Vrystaat oor die algemeen ‘n baie hoë brand gevaar is.


EN


Die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, sê sowat 30 000 hektaar veld is in die Noord-Kaap verwoes weens onlangse wegholveldbrande in die provinsie. Hy sê die organisasie is tans besig om hulp te verleen aan boere, nie net in die Noord-Kaap nie, maar in die Vrystaat ook. Jansen sê hulle is dankbaar dat die organisasie, wat geleë is in 'n droogterampgebied - ondanks sy eie uitdagings -finansiële hulp kan bied aan boere wat hulp nodig het weens dié veldbrande. Jansen voeg by Agri Noord-Kaap het ook skenkings gemaak aan die Vrystaat - waar sowat 100 000 hektaar veld verwoes is. Jansen verduidelik hulle is tans in die proses om veevoer te versprei. Hy sê verder hulle het oor die naweek die eerste vragmotors geland wat by 'n wildsplaas in 'n sentrale gebied van Warrenton in die rigting Boshoff as verspreidingsdepo dien.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.