Agriculture
Landbounuus-podcast: AgriSA sien uit na toekoms─── ELSABÉ RICHARD 10:51 Mon, 14 Dec 2020
AgriSA sê hy sien uit na ‘n opwindende periode wat voorlê.
Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van AgriSA, sê die organisasie is in gesprek met plaaslike en internasionale rolspelers om sodoende Suid-Afrikaanse landbou vorentoe te vat. Van der Rheede sê aan OFM-nuus dat wat vanjaar uitgestaan het is dat landbou onder geweldige druk geplaas is gedurende die uitbraak van Covid-19 en die gepartgaande streng inperkingsmaatreëls. Ten spyte hiervan voeg hy by dat die bedryf as ‘n essensiële diens verklaar is en kon sekere sektore gedurende die inperking handel dryf. Daarmee saam voeg hy by dat die organisasie ‘n baie opwindende jaar het wat voorlê. Dit, soos die organisasie in gesprek met verskillende politieke rolspelers is om die belangrikheid van ladbou onder hulle aandag te bring. Intussen wens hy boere en hulle families ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.
EN
Daar is baie uitdagings wat vroulike boere kniehalter. Sommige van hierdie uitdagings, volgens 'n Oos-Vrystaatse boer Mohadi Mopeli, is om grond te bekom om op te boer, asook die nodige vaardighede om dit te doen wat ontbreek. Mopeli, wat met gewasse en vee in Bochabela Village in Qwaqwa boer, sê sy hoop om te sien dat meer vroue grond bekom en kommersiële boere word. Mopeli, wat in 'n boeregesin en boere gemeenskap grootgeword het, het in 2006 haar werk as bibliotekaresse bedank om voltyds te boer. Haar advies aan opkomende boere is dat hulle nie bang moet wees om klein te begin nie, dat hulle geduld moet hê en vasberade moet wees.
OFM-nuus
