On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: DA vra Valke moet Estina projek ondersoek

───   ELSABÉ RICHARD 17:38 Wed, 06 Jan 2021

Landbounuus-podcast: DA vra Valke moet Estina projek ondersoek | News Article

Die DA in die Vrystaat het die Valke versoek om klagte rakende die Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, se verslag te ondersoek wat in Desember 2020 bekend gemaak is met betrekking tot die korrupte Gupta-gekoppelde Vrede-suiwelprojek.

Die party se leier, Roy Jankielsohn, sê twee kwessies vereis ondersoekwerk en moontlike vervolging met betrekking tot die verslag. Die eerste kwessie behels die aanduiding deur Mkhwebane dat die voormalige premier van die Vrystaat en huidige sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, glo meineed gepleeg het deur valse getuienis onder eed af te lê. Die DA is van mening dat senior ANC-politici bewus moes wees van die korrupsie deur amptenare en individue wat aan die Gupta-gekoppelde maatskappy Estina verbind is. Ondanks die feit dat Estina nooit hul kontraktuele verantwoordelikhede nagekom het mie in terme van 'n belegging van R228 miljoen in die R570 miljoen-projek, het die politici 'n bykomende R106,2 miljoen vir die betaling aan Estina goedgekeur nadat die kontrak met Estina en die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling gekanselleer is.


Agri SA het sy stem dik gemaak oor ’n verdoemende verslag van die ouditeur-generaal oor die stand van die Landbank se finansiële volhoubaarheid. Hy vra dat koppe op bestuurs- en beheervlak moet rol. Luidens Landbouweekblad vra die ouditeur-generaal in die verslag ook vir dringende ingrypings en dat diegene wat verantwoordelik is vir ’n geldelike verlies van R2,8 miljard verantwoording moet doen. Ernstige twyfel word in die verslag uitgespreek oor die vermoë van die bank om in die afsienbare toekoms as ’n lopende saak te oorleef. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, sê die koppe van diegene by die nasionale tesourie wat vir oorsig verantwoordelik is, moet ook rol. Hy sê in die verslag word die probleme by die Landbank toegeskryf aan ’n uittog van kundige bestuurders, ’n gebrek aan toesig van die nasionale tesourie, die afskaling van die bank se kredietgradering deur Moody’s en die droogtetoestande wat dit moeilik gemaak het vir boere om hul lenings terug te betaal.

EN

Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mase Manopole, het die goeie reën wat in meeste dele van die provinsie uitgesak het, verwelkom. Die afgelope jaar het die provinsie nie goeie reën gekry nie en dit het 'n negatiewe uitwerking op wildboerdery en boerdery in die algemeen gehad. Dit het daartoe gelei dat sommige dele van die Noord-Kaap, naamlik Pixley ka Seme, ZF Mgcawu en Namakwa, as droogtegeteisterde brandpunte verklaar is. Manopole is optimisties dat dit sal aanhou reën en 'n glimlag op boere se gesigte sal plaas. Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku dat die seisoenale reënvalvoorspellings toon dat daar 'n groter waarskynlikheid is van hoër reënval in die Noord-Kaap, wat waarskynlik gunstig sal wees vir die landbousektor.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.