News

Landbounuus-podcast: NK boere hoop op opvolgreën

───   ELSABÉ RICHARD 11:18 Thu, 14 Jan 2021

Landbounuus-podcast: NK boere hoop op opvolgreën | News Article

Joe Scholtz, ‘n boer uit Griekwastad en voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir landelike veiligheid en veediefstal, sê boere in droogtegeteisterde gebiede hoop op opvolgreën.

Scholtz sê die westelike deel van die Noord-Kaap, wat Poffader en Springbok insluit, sowel as die suidelike gedeeltes, gaan nog gebuk onder die droogte.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê vetkoeie is nog steeds skaars en soos die somer aangaan, sal daar meer van hierdie koeie beskikbaar wees. Derksen herinner boere ook dat speenkalwers gedurende dié tyd van die jaar skaars is en hulle sal eers gedurende speentyd meer word. Hy raai boere aan om nou oortollige speenkalwers - en koeie sodra hulle vet is – te verkoop voordat pryse dalk daal. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,22 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,51 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,30 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2020 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.


  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Portal
Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more