Central SA
Vermiste NK-tieners laas by rivier gesien─── 15:19 Thu, 04 Feb 2021

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se soek- en reddingspanne is na Prieska in die Noord-kaap ontbied om te help met die soektog na twee kinders wat sedert Sondag vermis is.
Polisiewoordvoerder, Dimakatso Mooi, sê lede van die gemeenskap asook die polisie maak deel van die soektog uit na die 16-jarige Leonie Good en 15-jarige Ronaldinho Melligan, wat Sondag laas gesien is waar hulle by die rivier gespeel het.
Mooi sê enige inligting wat sal lei tot die opsporing van die kinders word verwelkom terwyl die moontlikheid van verdrinking ook bestaan. Mooi voeg by gemeenskappe moet nie die waterstrome se sterkte onderskat nie, en ouers moet ten alle tye bewus wees van hulle kinders se bewegings.
OFM-nuus/Roderick Titus