Agriculture
Landbounuus-podcast: Kommer oor nuwe minimumloon─── 13:42 Wed, 10 Feb 2021
Verskeie landbou-organisasies het hulle kommer uitgespreek oor die nuwe verhoogde minimumloon van Maandag in die Staatskoerant gepubliseer is.
Die nasionale minimumloon is van R18.68 na R21.69 per uur aangepas vir plaaswerkers. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), het sy teleurstelling uitgespreek en gesê die regering se besluit om die minimumloon met 16% aan te pas kom op ? tyd waar dit ekonomies geweldig uitdagend is om voedsel te produseer. Wilken meen dat die aanpassings kan lei tot werksverliese. Daarmee saam het Agri SA bygevoeg dat dit die departement in kennis gestel het dat die landboubedryf ’n veelsydige sektor is wat bestaan uit meestal klein- en mediumskaalboere, terwyl grootskaalse kommersiële boere slegs ’n klein persentasie van die bedryf uitmaak. Die organisasie sê hierdie klein- en mediumskaalse boere moes reeds die gevolge van die onlangse droogte absorbeer, wat vererger is deur die uitwerking van die Covid-19 pandemie. Agri SA meen dit is teleurstellend dat hierdie kritiese faktore nie in ag geneem is nie. Verder het Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gesê die styging kom te midde van die nadelige uitwerking wat Covid-19-regulasies op die landbousektor gehad het, veral die impak op die wynwaardeketting met die verkope van alkohol wat reeds drie keer sedert die begin van die inperking verbied is.
EN
Daarmee saam sê Agri Wes-Kaap dit sal graag in Donderdag se staatsrede wil hoor dat president Cyril Ramaphosa elke produsent en plaaswerker in die land bedank vir wat hulle tydens die Covid-19 nasionale inperking gedoen het. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit is ‘n wanpersepsie dat landbou nie tydens die inperking skade gely het nie omdat die sektor as ‘n noodsaaklike diens verklaar is en met produksie kon voortgaan. Hy sê die landbousektor het vanaf die aankondiging van die nasionale inperking tot die aanvang daavan minder as ‘n week gehad om aan alle maatreëls te voldoen. Die sektor was aan uiters streng regulasies onderwerp, en boere en plaaswerkers moes veral tydens vlak 5 en 4 van die inperking in moeilike omstandighede onder groot druk werk.
OFM-nuus
