On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rosyntjiebedryf verloor R550 miljoen

───   ELSABÉ RICHARD 14:23 Tue, 16 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Rosyntjiebedryf verloor R550 miljoen | News Article

Die rosyntjiebedryf het sowat R550 miljoen verloor as gevolg van skade weens swaar reënval in die Oranjerivier in die Noord-Kaap.

Volgens Ferdie Botha, hoof uitvoerende bestuurder van Raisins SA, kom dit neer op 'n verlies van tussen 20% en 25%. Daarmee saam sê Botha bestaan daar egter kommer op die kort tot medium termyn weens 'n 30%- tot 50%-verlaging in internasionale rosyntjiepryse, wat produsente onder druk plaas. Hy sê die onlangse aankondiging van minimumloonverhogings van meer as 16%, sowel as verhoogde energiekostes van meer as 15%, wek onder meer ook kommer in die bedryf.

Die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer het Dinsdag 'n bewusmakingsveldtog teen veediefstal in Ladybrand in die Mantsopa Plaaslike Munisipaliteit van stapel gestuur. Die departement se woordvoerder, Hillary Mophete, sê in 'n verklaring die doel van dié bewusmakingsveldtog is om boere en vee-eienaars in die omgewing aan te spoor om waaksaam te wees, en hulle aan te moedig om diere te merk soos voorgeskryf deur die Wet op die Identifikasie van Diere van 2002. Sy sê die departement, tesame met onder meer die Suid-Afrikaanse Polisiediens, vorder met die hantering van veediefstal, maar dit bly steeds 'n probleem - veral langs die grense van die provinsie. Veediefstal belemmer veral die bemagtiging van opkomende vee-eienaars en is 'n groot bedreiging vir hul winsgewendheid. Die departement moedig vee-eienaars aan om toe te sien dat heinings en hekke in 'n goeie toestand gehou word; dat vee gereeld getel word; en dat behoorlike vee-registers gehou word.

EN

Die supermark Pick n Pay sal die wins op die verkoop van knoffel en gemmer beperk. Dit kom nadat verskeie kleinhandelaars onlangs op sosiale media uitgewys is vir hulle buitensporige pryse vir knoffel en gemmer. Knoffel- en gemmerverkope het toegeneem toe mense te midde van die Covid-19-pandemie hul immuunstelsels wou versterk. Die Mededingingskommissie se Siyabulela Makunga sê hulle het met 'n ondersoek begin nadat klante gekla het, en op 'n ingryping aangedring het. Hy sê die prysverhogings is teenstrydig met verbruikersbeskermingsregulasies. Pick n Pay was die eerste wat 'n memorandum van ooreenkoms onderteken het.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.