On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Pluimveevereniging het plan vir voëlgriep

───   ELSABÉ RICHARD 13:51 Tue, 11 May 2021

Landbounuus-podcast: Pluimveevereniging het plan vir voëlgriep | News Article

Die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging sê hy het 'n omvattende plan in plek om die uitbraak van voëlgriep in die land te beperk.

Volgens 'n artikel deur eNCA is uitbrake op plase in Gauteng, Noordwes en onlangs in die Wes-Kaap aangemeld. Die DA sê egter dat die regering nie die nodige toesigmaatreëls getref het om kwesbare plase te beskerm nie. Die party doen 'n beroep op die Minister van Landbou, Thoko Didiza, om bioveiligheid te prioritiseer. Die party sê dat hy op die minister wag om besonderhede te gee oor alle dieresiektes wat in die land opgespoor word.

Boere moet versigtig wees vir skade wat veroorsaak kan word deur intense koue in Junie en Julie vanjaar. Johan van den Berg, onafhanlike landbouweerkundige, sê koue kan skade aan permanente gewasse veroorsaak, veral aan jong bome, wat neutbome en jong druiwestokke, sowel as fynplante, insluit. Hy sê verder dat dit blyk asof ‘n sneeustelsel vanaf 22 Mei oor die Drakensberge gaan voorkom, dan behoort temperature heelwat te daal. As daar na reënvooruitsigte in die Noord-Kaap gekyk word, sê Van den Berg egter dat die einde van die reënseisoen reeds aangebreek het, maar dat daar 'n moontlikheid van ligte reën ontstaan.

EN

Oor minder as ‘n maand behoort daar ‘n besluit geneem te word oor of vanjaar se NAMPO ALFA wel op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat sal plaasvind. Dit terwyl ALFA-aanlyn 2021 reeds vroeër vandeesmaand aanlyn afgeskop het. Albert Laubscher, organiseerder van ALFA 2021, sê die vergadering vind op 1 Junie plaas. Hy sê
ook weens dit wat die Covid-19-pandemie hulle in 2020 geleer het, kan 2021 nou beter beplan word. Verder sal die jag- en buitelewe-ekspo vir die eerste keer deel vorm van vanjaar se NAMPO/ALFA. Laubscher sê dat hierdie ‘n wonderlike geleentheid sal wees vir veral boere wat betrokke is by jag, sowel as mense wat hou van kamp en buitelewe aktiwiteite.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.