On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Regering besit meer as 14- 000 hektar grond in Vrystaat

───   ELSABÉ RICHARD 14:22 Wed, 12 May 2021

Landbounuus-podcast: Regering besit meer as 14- 000 hektar grond in Vrystaat | News Article

Meer as 140 200 hektaar grond in die Vrystaat word deur die regering besit namens tradisionele gemeenskappe, waarvan die grense in verskillende proklamasies omskryf word.

Dit is volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in 'n skriftelike antwoord op 'n vraag deur die DA se Thandeka Moloko Mbabama. Mbabama wou weet hoeveel hektaar grond in die naam van tradisionele leiers gehou word vir gebruik deur gemeenskappe in Sentraal Suid-Afrika. Verder het die departement ook bekend gemaak dat meer as 943 500 hektaar grond in die Noord-Kaap deur die regering besit word namens tradisionele gemeenskappe, terwyl meer as 1,9 miljoen hektaar grond in Noordwes deur die regering namens tradisionele gemeenskappe besit word.

Aansoeke vir watergebruikerslisensies kan nou bespoedig word deurdat die magte na streekkantore en waterverbruikersgebiede gedelegeer is en nie meer nét deur die Departement van Water en Sanitasie in Pretoria goedgekeur kan word nie. OFM-nuus se Pieter Moller berig dat dit een van die departement se strategiese maatreëls is om spertye vir die afhandeling van aansoeke van 300 na 90 dae te bespoedig.

Ekonome en deskundiges het tydens die 2021 jaarlikse vleiskonferensie meestal positiewe verwikkelinge vir die jaar vir die vleisbedryf voorspel. Die Rooivleisprodusente-organisasie berig die deskundiges voorsien ‘n stewige verbruikersvraag en uitgebreide handelsgeleenthede teenoor krimpende produksie – ‘n resep vir hoër vleispryse. Hoewel baie restaurante in 2020 toegemaak het, het die beesvleisbedryf die hoogste aanvraag in 30 jaar ervaar. Daar word verwag dat die beesvleisbedryf die tweede beste jaar in die geskiedenis sal ervaar in terme van beesvleisvraag. Die balans tussen vraag en aanbod behoort in produsente se guns te werk omdat beesvleisproduksie na raming ‘n plato gaan bereik. In die lig van toenemende globale vraag en ‘n krimpende voorsiening, behoort produsente stewige pryse te behaal.

EN

Suid-Afrika se landboumasjinerieverkope het sedert Mei 2020 'n positiewe momentum behou. Die syfers wat die South African Agricultural Machinery Association verlede week bekend gemaak het, toon dat die verkope van trekkers en stropers onderskeidelik in April 2021 met 23% en 115% op 'n jaargrondslag gestyg het, met 540 en 40 eenhede wat onderskeidelik verkoop is. Luidens die Landboubesigheidskamer, oftewel Agbiz, is produsente nou besig met die plant van wintergewasse en die oes van somergewasse. Dit kan die momentum in verkope van landboumasjinerie in die komende maande vertraag. Daarmee saam sal enige veranderinge in 'n swakker binnelandse geldeenheid waarskynlik lei tot hoër pryse vir ingevoerde landboumasjinerie en verkope ontmoedig.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.