On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Omvang van Vrystaatse veldbrand Maandagmiddag bekend

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Mon, 24 May 2021

Landbounuus-podcast: Omvang van Vrystaatse veldbrand Maandagmiddag bekend | News Article

Die omvang van skade wat weens 'n veldbrand in die Boshof-omgewing in die Wes-Vrystaat veroorsaak is, sal Maandagmiddag tydens 'n vergadering bekend gemaak word.

Dié vergadering volg nadat 7 000 skape sonder weiding gelaat is toe bykans 30 000 hektaar veld Donderdag 20 Mei in die Boshof/Dealesville-omgewing tydens ‘n wegholveldbrand verwoes is. Talle stuks vee en wild is ook doodgebrand. Luidens Vrystaat Landbou se dr. Jack Armour het sterk wind die beheer van die brand bemoeilik en is dit teen ongeveer 8-uur Donderdagaand uiteindelik gestop. Armour bevestig verder dat Vrystaat Landbou, in samewerking met Sernick-voere, 30 ton voerpille beskikbaar gaan stel om onmiddellike verligting te bring. Enigiemand wat graag skenkings wil doen, kan vrystaat Landbou se webblad besoek vir meer inligting.

Die burgerregteorganisasie, AfriForum, sê hy sal die konsepwysigingswet rondom die besit van vuurwapens beveg. Dit volg nadat die beoogde wysigings op die bestaande vuurwapenwetgewing die afgelope naweek vir kommentaar oopgestel is. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder van die gemeenskapveiligheidsafdeling, sê in 'n verklaring die voorgestelde wysigings is irrasioneel en roekeloos, veral aangesien dié konsep die vermoë van burgers ontneem om ’n vuurwapen vir selfverdedigingsdoeleindes te besit. Die organisasie sê burgers moet oor die vermoë beskik om hulself en hulle gesinne, binne die raamwerk van die wet, teen misdadigers te beskerm. Kamfer voeg verder by dat hierdie konsep, in sy huidige formaat, tot gevolg sal hê dat burgers weerloos gelaat word.

EN

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het weer 'n bestendige houding ten opsigte van rentekoerse gehandhaaf, en die repokoers is steeds op 'n rekordlaagtepunt van 3,5%. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, sê hierdie lae rentekoers is steeds positief vir die landbousektor.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.