On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Wes-Kaapse boere vrees sprinkaanplae

───   ELSABÉ RICHARD 11:10 Thu, 27 May 2021

Landbounuus-podcast: Wes-Kaapse boere vrees sprinkaanplae | News Article
FOTO: ANDRé JANSEN VAN RENSBURG

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê boere vrees sprinkaanplae ná berigte dat sprinkane eiers gelê het in gebiede naby die Karoo Nasionale Park.

Die plaag word gevrees ondanks terugvoer van spanne wat chemikalieë in die gebiede spuit, dat die situasie onder beheer is. Meyer sê indien die sprinkaaneiers in September uitbroei, kan die plaag grootskaalse skade op die lande aanrig. Die landbounavorsingsraad se dr. Rodger Price sê bruin sprinkane, wat regoor die Noord-Kaap ook ervaar word, is endemies aan die semi-Karoogebied, en dat hulle groot skade aan gewasse kan aanrig. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse landbou departement, sê die provinsiale departement monitor die swerms wat veral in die Namakwa- en ZF Mgacwu-streke, sowel as gedeeltes van die John Taolo Gaetsewe-streek, ervaar word. Bestrydingspanne is besig om swerms te spuit terwyl die samewerking van veral plaaseienaaars gevra word. Luphahla sê inwoners moet die departement onmiddellik in kennis stel indien hulle swerms opmerk.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen 43 rand 77 sent per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen 39 rand 25 sent en speenkalwers oor 250kg het teen 37 rand 30 sent per kg verkoop. Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.