Agriculture
Landbounuus-podcast: #Sprinkaanplaag - VL dankbaar oor koue─── 10:27 Wed, 02 Jun 2021
Die kouefront wat in die Vrystaat en ander dele van die land ervaar word, is voordelig vir boere in die provinsie wat deur sprinkaanplae geteister word.
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê die koue kan help om te voorkom dat die sprinkane eiers lê. Wilken voeg by dat die kouefront nie 'n beduidende negatiewe impak op boere het nie en help ook om sprinkane uit te roei. Verder voeg hy by dat een bestaande bekommernis is die hoë gras wat brande kan aanvuur, veral met die brandseisoen wat voorlê.
Die droogte bly nog een van die landbougemeenskappe in die Noord-Kaap se grootste uitdagings. Die onlangse reënval, wat oor dele van die provinsie voorgekom het, het nie die erge droogte in die provinsie gebreek nie. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap. Jansen sê die sentrale-, suid- en westelike dele van die provinsie – wat byna 50% van die oppervlakte van die Noord-Kaap uitmaak, gaan nou al vir agt jaar gebuk onder die droogte. Die organisasie bly voortdurend gefokus op hulpverlening vir boere wat onder hierdie erge droogte gebuk gaan deur by die plaaslike regering, sowel as die private sektor, se deure aan te klop.
EN
Suid-Afrikaners was verlede jaar die tweede grootste groep buitelandse burgers wat as tydelike landbouwerkers in Amerika gewerk het. Landbou.com berig s die Amerikaanse beleid onveranderd bly, kan hierdie getal toeneem, aangesien die toenemende wêreldwye vraag na voerkorrels en sojabone vir veeproduksie, en na veeprodukte self, die verwagte groei van die Amerikaanse landbousektor aandryf. Volgens Robert Mearkle, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade in Pretoria, het hierdie syfer sedert 2016 toegeneem. In 2016 is 2 335 H-2A-visums aan Suid-Afrikaners uitgereik om tydelik in Amerika in die landbou te werk. Verlede
jaar is 5 508 sulke visums uitgereik.
OFM-nuus
