Agriculture
Landbounuus-podcast: VL gekant teen nasionalisering van grond─── 11:48 Mon, 07 Jun 2021
“Die oproep van die EFF om alle grond onder toesig van die staat te plaas, is niks anders as nasionalisering nie en moet met alle middele teëgestaan en verhinder word.”
Dit is die reaksie van Vrystaat Landbou (VL) op die voorstel dat die konsepwetsontwerp tot wysiging van Artikel 25 van die Grondwet hersien moet word om 'staatsbewaring' of voogdyskap in te sluit. Francois Wilken, president van die VL sê die onlangse versoek om uitstel deur die komitee getaak met die wysiging van die Grondwet om Onteiening sonder Vergoeding duidelik te stipuleer en hul verslag te finaliseer, bevestig die rede vir die sterk standpunt wat Vrystaat Landbou (VL) gestel het met hul Stop Onteiening-veldtog! “Staatsbewaring of voogdyskap sal die staat die mag gee om die land se grond te nasionaliseer sonder enige vergoeding”, sê Wilken.
EN
Die landboureuse VKB en BKB se voorgenome transaksies wat hul handels- en landboufinansieringsbedrywighede saamvoeg, is deur die mededingingstribunaal goedgekeur. In 'n gesamentlike verklaring sê die twee maatskappye dat dit die weg baan vir die vestiging van 'n nuwe beherende struktuur met gesamentlike aandeelhouding deur BKB en VKB. Landbou.com berig dit volg op 'n vroeëre strategiese vennootskap tussen die twee maatskappye waardeur VKB 'n belang van 30% in BKB verkry het. 'n Nuwe struktuur word geskep vir die twee maatskappye se handels- en brandstofondernemings, asook vir die finansiële dienste wat by hul handelstakke gelewer word. Die onderskeie aparte handelsmerke van BKB en VKB word egter behou, luidens die verklaring.
OFM-nuus
